Local newsNews

Mode perade by Alberton Dames Klub

Alberton dames het oor mode en styl gepraat op 10 Oktober by die Alberton Aftree Oord.

Hannelie Goussard ontwerp vir die afgelope 30 jaar klere en op 10 Oktober het van die dames met haar klere gespog by die Alberton Dames Klub se maandelikse vergadering.

Sy het oor model, styl en haar klere gepraat. Sy spesialiseer in trou rokke, algemene rokke, matriek afskeid rokke en pakkies vir die volwasse vrou.

Alhoewel sy dit vir baie jare gedoen het, ontwerp sy nie meer nie, net op bestelling. Hannelie het ook vir 20 boutiques klere ontwerp.

Kontak Hannelie 082 527 6798 om te bestel of vir verder inligting. Die dames ontmoet elke twede Donderdag van die maand by die Alberton Aftree Oord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button