About Us

Die Carletonville Herald is vanjaar 60 jaar oud. Die eerste Herald het in 1963 verskyn.Een van die stigterslede was mnr. HB van der Walt wat toe ook ‘n belang in die Potchefstroom Herald gehad het. In 1972 het dit deel geword van Potchefstroom Pers Publikasies met mnr. Schalk Hoogenboezem as besturende direkteur. In dié tyd het die maatskappy se groep koerante bestaan uit die Potchefstroom Herald, die Carletonville Herald en die Wes-Transvaal en OVS-Herald. Aan die begin van 1980 word die volgende groot hoofstuk in die geskiedenis van die Carletonville Herald geskryf. Die Herald word verkoop en word deel van Nasionale Pers. Die Herald-groep het toe die volgende publikasies uitgegee: die Potchefstroom Herald (twee keer per week), die Carletonville Herald (een keer per week) en die Wes-Transvaal en OVS Herald (Wes) en Snuffelgids (een keer per week) as bylaes in die Potchefstroom en Carletonville Herald. Seipone, ‘n publikasie gerig op die swart woongebiede van Potchefstroom en Carletonville, is een keer per maand uitgegee. Die streek wat toe deur die koerante bedien word sluit die volgende plekke in: Potchefstroom, Carletonville, Fochville, Ventersdorp, Parys, Viljoenskroon, Bothaville, Koppies en Vredefort. Laasgenoemde vyf is bereik deur die invoeging van die steekbylaes Wes en Snuffelgids. Wes is later mee weggedoen en die Snuffelgids is later uit die Vrystaatse dorpe onttrek In 1999 het ‘n nuwe era in die geskiedenis aangebreek toe die Herald deel geword het van MooiVaal Media, uitgewers van twaalf gemeenskapskoerante, waarvan drie in Noordwes, naamlik die Potchefstroom Herald, Carletonville Herald en Noordwes Gazette. Die res van die groep se koerante is in die Vaaldriehoek. MooiVaal Media behoort gesamentlik aan Media24, ‘n filiaal van Naspers en Caxton, die eienaar van tientalle gemeenskapskoerante landwyd
Tel: 018 788 6693 Email: Adele.Louw@mooivaalmedia.co.za

Areas

  • Carletonville
  • Fochville
  • Khutsong
  • Kokosi
Delivered on Thursdays
Back to top button