CommunityPhoto Galleries
Skaaphond en haar slim baas ontvang meestersgraad by NWU
Suid-Afrika se eerste en enigste hond wat deel gevorm het van ‘n meesters graadprojek in dierkunde het pas by die Noordwes-Universiteit “graad gevang”. Jessie, die skaaphondjie, se eienaar, Esté Matthew, het haar opgelei as ’n snuffelhond om padda-reuke ondergrond op te spoor vir navorsing-en bewaringsdoeleindes. Esté het pas haar meestersgraad (MSc) ontvang en die titel …
Suid-Afrika se eerste en enigste hond wat deel gevorm het van ‘n meesters graadprojek in dierkunde het pas by die Noordwes-Universiteit “graad gevang”. Jessie, die skaaphondjie, se eienaar, Esté Matthew, het haar opgelei as ’n snuffelhond om padda-reuke ondergrond op te spoor vir navorsing-en bewaringsdoeleindes. Esté het pas haar meestersgraad (MSc) ontvang en die titel van haar tesis was “The use of a sniffer dog for amphibian conservation ecology”. Jessie se opleiding het begin toe sy ses maande oud was. Sy is geleer om die reuk van die Grootbrulpadda onder die grond uit te ken. Dié padda is ‘n beskermde spesie in Gauteng aangesien sy habitat geleidelik weens verstedeliking begin krimp. Haar opleiding het in 2014 begin en sy het haar eerste wilde brulpadda in Desember 2014 bo die grond opgespoor. Sy het sowat ses maande later die eerste Brulpadda ondergrond opgespoor. Dié padda hiberneer vir tot elf maande van die jaar ondergrond en is slegs vir sowat ’n maand gedurende November en Desember bogronds om te broei en eiers te lê. Esté sê dit maak dit uiters moeilik om die brulpadda vir die res van die jaar op te spoor en is veral ’n
probleem met nuwe ontwikkeling langs gunstige broei-gebiede van die brulpadda. Sy sê haar studieleier, prof Ché Weldon, het ’n groot rol in die beplanning en opleiding van Jessie gespeel. Jessie se opleiding is op ‘n wetenskaplike, betroubare wyse uitgevoer en dieselfde toets is tot veertig keer herhaal ten einde ’n betroubare resultaat te behaal. Jessie kom van twee werkende ouers op ’n skaapplaas naby Bloemfontein. Sy moes gedurende Esté se studie by ‘n vriendin woon, aangesien sy in die koshuis was en Jessie nie by haar kon bly nie. Esté is onlangs deur die Endangered Wildlife Trust (EWT) aangestel waar sy sal help met die bewaringsprogram vir die krities bedreigde Oewerkonyn (Bu- nolagus monticularis). Sy neem vir Jessie saam en sal moontlik gebruik om te help met die navorsing en bewaring van die konyne. Esté sê die EWT het ook ‘n program vir bedreigde Amphibia, waarvoor Jessie se neus ook ingespan gaan word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



