CommunityPhoto Galleries
Lewe vrolik uit die hand van God
Lees Prediker 2:17-26: Wanneer jy begeer om ‘n sinvolle en gelukkige lewe te geniet wat die moeite werd is, moet jy tot die besef kom dat lewensin nie geskep kan word nie, maar dat dit ontdek moet word. Jy kan probeer om met groot sorg dinge te doen wat jou lewe betekenis- vol kan maak, …

Lees Prediker 2:17-26:
Wanneer jy begeer om ‘n sinvolle en gelukkige lewe te geniet wat die moeite werd is, moet jy tot die besef kom dat lewensin nie geskep kan word nie, maar dat dit ontdek moet word. Jy kan probeer om met groot sorg dinge te doen wat jou lewe betekenis- vol kan maak, maar jy sal weldra vind dat alles bloot ‘n gejaag na wind is. Jy moet lewensin vind in die hand van God. Hy skenk dinge wat goed en mooi is en wat jou lewe waardevol en genotvol maak. Prediker het in verskeie sake ge- soek na sin en betekenis. Hy wou ‘n lewe voer wat vervullend is en vir hom aangename dinge inhou. Hy het hom daarop toegelê om wysheid en kennis te bekom, maar het gevind dit is ‘n gejaag na wind. Ook wyn en plesier het hom nie bevredig nie, want lag en plesier was vir hom sinloos en het nie ware vreugde gebring nie (Pred 2:1,2). In sy pogings om sy lewe sinvol te maak, het hy groot ondernemings aan- gepak en die een projek na die ander van stapel gestuur. Hy het baie besittings en geld bymekaar gemaak en selfs sangers en mooi meisies gewerf om die lewe te kan geniet.
Alles wat Prediker gedoen het, het hom ‘n mate van genot verskaf, maar toe hy goed oor alles nagedink het waarmee hy hom besig gehou het, het hy besef dat niks in hierdie wêreld blywende waarde het wat jou kan bevredig nie (Pred 2:11). Hy het wel ontdek dat alles wat hy gedoen het, ‘n gejaag na wind was, maar hy het ook ‘n ander ontdekking, ‘n veel belangriker ontdekking gemaak, naamlik dat alles wat goed en mooi is, uit die hand van God kom. Daar is geen prestasie, geen ete, geen vreugde wat nie uit die hand van God kom nie. Sonder die Here kan ‘n mens niks werklik geniet nie (Die Nuwe Lewende Vertaling, Pred 2:25). As God nie in en deur Jesus Christus in jou lewe is nie, sal alles vir jou sinloos wees, want jy kan nie met al jou pogings, met alles wat jy doen, die lewe die moeite werd maak nie. Die sonlig is simbolies van die mooi lewe wat God skenk. Daarom is dit goed vir die oë om die son te aanskou en kommer uit jou hart te weer (Pred 11:7,10). Die beste is om vrolik die goeie van die lewe wat God skenk te geniet (Pred 3:12,13). Gebed: Dankie Here omdat ek kan eet en drink en die goeie kan geniet as ‘n gawe uit u hand van liefde!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



