FRC-drawwers blink uit by die N12-ultramarathon tussen Klerksdorp en Potchefstroom
Lede van die Fanatics Racing Club het sterk vertonings gelewer in die 50 km-ultramarathon en 21 km-halfmarathon op 2 Mei.
Verskeie lede van die Fanatics Racing Club (FRC) het verlede naweek aan ‘n groot wedloop deelgeneem.
Dié kranige drawwers het 2 Mei hul staal tydens die N12 ultramarathon tussen Klerksdorp en Potchefstroom gaan wys.
Deelnemers kon die 50km-ultramarathon of ‘n 21km in Potchefstroom aandurf.
Die tye van die drawwers wat die 50km kafgedraf het, is, Annette Shanahan (4:38:32), David Miyasi (4:47:59), Eben Roodt (4:49:57), Elzari Nortje (5:07:36), Lize Jansen (5:14:44), Annalisa Freese (5:19:36), Jacques Ball (5:29:14), Donovan Williams (5:33:13), David Volkwyn (5:33:14), Cornel Metcalfe (5:33:14), Elmarie Hayes (5:33:14), Conrad Freese (5:42:25), Leonard Coetzee (6:09:48), Stephanus Petrus Janse van Vuuren (6:12:32), Eureka de Smidt (6:16:46), Zelna de Kock 6:34:55), Ijay van der Walt (6:34:55) en Melkim Marais (6:36:02).
Die tye van die drawwers wat die halfmarathon voltooi het, is Tiaan Muller (2:45:08), Natasha Muller (2:45:09), Nedine Marais (2:50:16), Marthie Homan (2:59:16).



