Local newsSport

Daggie-atlete vuur en vlam

Laerskool Dagbreek begin 2024 se sport met hul Daggiekampioenskappe.

Laerskool Dagbreek se atlete het die afgelope week gewys dat hule reg is vir die jaar.

Die skool het Vrydag, 19 Januarie hul jaarlikse Daggiekampioenskappe gehou en atlete kon hul beste in hul onderskeie items gee. Die atlete en hul ondersteuners het van vroeg af gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Op die ou einde het die Blouspan die atletiekbeker gewen, terwyl die Rooispan met die sangbeker weggestap het. Jaydean Lourens het as senior Victrix Ludorum uit die stryd getree, terwyl Jaden Baase die senior Victor Ludorum was.

Blessing Kamele is as junior Victrix Ludorum aangewys, terwyl Tristan Erasmus met die beker as junior Victor Ludorum weggestap het.

Marli Labuschagne het Joné Naudé se rekord in die 800 m van 3:01,9 na 2:57,29 verbeter. Sy het ook Joné se rekord in die 1 500 m van 6.21,2 na 6:02, 87 verpletter.

Albei dié rekords het al van 2003 af gestaan.

Marli Labuscagne het twee rekords wat reeds vir 21 jaar gestaan het tydens die Daggiekampioenskappe verpletter.
Jaydean Lourens is die senior Victrix Ludorum.
Jaden Baase is as senior Victor Ludorum aangewys.
Blessing Kamele is as junior Victrix Ludorum aangewys.
Tristan Erasmus het met die beker as junior Victor Ludorum weggestap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button