VAALDRIEHOEK. - Die 2015-akademiese jaar het vir die Onderwysdepartement van Gauteng se Sedibeng-Oos-distrik op ’n hoogtepunt afgesluit met die uitstekende matriekuitslae wat graad 12-leerlinge behaal het.
VAALDRIEHOEK. – Die 2015-akademiese jaar het vir die Onderwysdepartement van Gauteng se Sedibeng-Oos-distrik op ’n hoogtepunt afgesluit met die uitstekende matriekuitslae wat graad 12-leerlinge behaal het.
Na ’n uitmergelende paar weke vir leerlinge is die matriekuitslae vir 2015 op 5 Januarie aangekondig. Die Sedibeng-Oos-distrik het veral die resultate met ope arms verwelkom.
Dié distrik is met ’n 90.4% slaagsyfer bo aan die lys tussen die ander 80 distrikte in Suid-Afrika. “Dit is vir ons ’n groot eer en al ons dank gaan aan God,” sê me. Dorah Moloi, die direkteur van die Onderwysdepartement van Gauteng se Sedibeng-Oos-distrik. Sy sê ook dat te danke aan die harde werk van die span by die distrik, skoolhoofde, onderwysers en ander rolspelers, kan dié distrik vanjaar spog met uitstekende resultate. Die top 10 skole in die Sedibeng-Oos-distrik spog met ’n slaagsyfer tussen 94% en 100%. Die distrik was in 2013 ook die distrik met die beste uitslae en in 2014 het dit die tweede posisie beklee.
Me. Moloi moedig vanjaar se graad 12-leerlinge aan om te fokus op hul akademie om sodoende goeie resultate vir 2016 teweeg te bring.
Vaalweekblad se uitgawe van 27 Januarie sal volledig oor al die toppresteerders berig.
Andrew Johnston van die Hoërskool Driehoek, het almal in die Vaaldriehoek uitgestof met sy 10 onderskeidings. Hy gaan vanjaar medies aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Grace Sephton-Poultney spog met agt onderskeidings en ‘n 90% gemiddeld. Sy het haar matriekloopbaan aan die Hoërskool Drie Riviere voltooi. Sy gaan vanjaar medies aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Liezl Coetzer (18), slimkop meisiekind van Hoërskool Overvaal in Vereeniging, het in al agt vakke onderskeidings gekry. Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensorïentering, Rekeningkunde, Lewenswetenskap, Ekonomie en Fisiese Wetenskap. Liezl gaan hierdie jaar aan Tuks studeer in bedryfsingenieurwese.
Cara Prinsloo van die Hoërskool Driehoek het agt onderskeidings verwerf. Sy gaan haar nou in die geheimenisse van chemiese ingenieurswese aan die NWU in Potchefstroom verdiep.
Retha van Wyk van die Hoërskool Driehoek spog met agt sterretjies agter haar naam. Sy wil haar graag as geoktrooieerde rekenmeester aan die NWU in Potchefstroom bekwaam.
Tiaan Peens van die Hoërskool Driehoek het agt A’s behaal. Hy gaan in chemiese ingenieurswese aan Tukkies studeer.
Ilai Schuin van die Hoërskool Driehoek spog met nege onderskeidings. Hy wil hom graag as geoktrooieerde rekenmeester aan die NWU in Potchefstroom bekwaam.
Riekert Jansen van Vuuren van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark het tydens die pasafgelope matriekeindeksamen agt onderskeidings (Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Afrikaans, Engels, LO, IT, Geografie en Rekeningkunde behaal. Hy beoog om hom eersdaags as ‘n elektries elektroniese ingenieur aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit te bekwaam.
Khanya Janse van Rensburg van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark se onkreukbare werksetiek is met agt ondersskeidings (Afrikaans, Engels, Ekonomie, Bedryfstudies, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Rekeningkunde en LO) tydens die matriekeindeksamen beloon. Sy gaan haar aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit as geoktrooieerde rekenmeester bekwaam.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.