NewsNews

Ingange na dorp laat veel te wense oor

Hoewel die burgemeester onlangs aangedui het dat die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit meer aandag aan toerisme gaan gee, laat van die ingange waarmee toeriste Carletonville binnekom, veel te wense oor.

Hoewel die burgemeester onlangs aangedui
het dat die Merafong City Plaaslike
Munisipaliteit meer aandag aan toerisme
gaan gee, laat van die ingange
waarmee toeriste Carletonville binnekom,
veel te wense oor.
Die uitvoerende burgemeester, mnr.
Maphefo Mogale-Letsie, het onlangs in
haar jaarlikse toespraak oor die stand
van sake in die munisipaliteit gesê dat
Merafong ‘n deklarasie deur president
Jacob Zuma verwelkom dat 2016 die
jaar is om binnelandse toerisme aan
te moedig. Volgens haar gaan ekstra
fondse ook beskikbaar gestel word om
groei in dié sektor te bevorder.
Sy het ook aangedui dat hoewel Merafong
nie as ‘n toerisme-bestemming
beskou word nie, die munisipaliteit
verlede jaar ‘n spesiale toerisme-strategie
in gebruik geneem het om groei
in dié sektor aan te moedig. Die munisipaliteit
is onder meer besig om ‘n toerismebrosjure
saam te stel en het ook
‘n toerisme-webwerf wat maandeliks
sowat 7 000 besoekers lok.
Ondanks dié blink planne het verskeie
inwoners die afgelope tyd gekla
dat van die ingange na Carletonville só
sleg lyk dat dit toeriste net kan afskrik.
Sakelui van Stasiestraat het onlangs
by die Herald oor die toestand van die
deel van die dorp in die omgewing van
die brug in Oberholzer gekla. Dié slegte
toestande is veral duidelik vir mense
wat die dorp uit die rigting van die
Bank-pad binnekom en by die vierrigting-
stopstraat stop.
“As jy links kyk, dan kyk jy in die gemors
en bossies vas waar mense braai
op die sypaadjie. Die munisipaliteit
doen niks daaraan nie. Dit is al maande
so. Dit is nou wat besoekers sien as
hul in ons dorp ry in Oberholzer. Ons
kry besoekers van ander dorpe wat sê
hul sien dit lyk so sleg as hul inkom
in Carletonville juis onder die brug en
die sypaadjie daar,” het een van die sakelui
gekla.
Met die Herald se aankoms in dié
area Maandag was ‘n groot hoop gemors
op die sypaadjie langs die muur
van die taxi-staanplekke te sien. Dit is
egter nie seker of dié gemors uit die
staanplekke self kom, en of dit deur iemand
wat op die roete langs die staanplekke
verbygery het, daar gegooi is
nie.
Wanneer mens verder in die rigting
van die brug stap, is hope gemors en
vuil lappe, vermoedelik die beddegoed
van boemelaars, onder die brug te
sien. Net ‘n paar meter verder is die sypaadjie
langs ‘n eetplek vol gemors,
lang gras en bossies.
Intussen het ‘n raadslid, mnr. Carlos
Rebelo, Maandag aan die Herald gewys
hoe inwoners weer ‘n klomp swart sakke
vol gemors in die veld langs die deel
van Coronationstraat langs Dolomitestraat
gegooi het. Dié probleem het volgens
Rebelo weer opgevlam na die munisipaliteit
nie inwoners laat weet het
dat dit nie op die vakansiedag van 2
Mei vullis by huise gaan verwyder nie.
Hoewel hy al verskeie kere oor die
rommel gekla het, was dit teen Maandag
nog nie verwyder nie.
Rebelo het daarop gewys dat die pad
waarlangs die vullis gegooi is, die roete
is waarmee valskermspringers en ander
besoekers aan die Johannesburg
Skydiving Club die dorp binnekom.
Dié klub is Carletonville se grootste
trekpleister vir besoekers en het reeds
verskeie regeringstoekennings vir sy
rol om toerisme te bevorder, ontvang.
Volgens die munisipaliteit is hulle
besig om plekke waar gemors weggegooi
is, te identifiseer sodat dit skoongemaak
kan word. Hoewel hulle al telkemale
onder die brug skoongemaak
het, sal hulle dit weer doen.

Mnr. Carlos Rebelo by van die swart sakke wat aan die kant van Coronationstraat gegooi is.
Mnr. Carlos Rebelo by van die swart sakke wat aan die kant van Coronationstraat gegooi is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button