NewsNews

Gru-botsing eis vier op R57

VANDERBIJLPARK. – Vier mans is verlede Woensdag omstreeks 13:30 in ‘n gru-ongeluk op die R57 dood nadat hul voertuig, ‘n Suzuki Celerio, met ‘n polisievoertuig waarin twee offisiere gery het, gebots het.

VANDERBIJLPARK. – Vier mans is verlede Woensdag omstreeks 13:30 in ‘n gru-ongeluk op die R57 dood nadat hul voertuig, ‘n Suzuki Celerio, met ‘n polisievoertuig waarin twee offisiere gery het, gebots het. Daar was vyf insittendes in die voertuig.
Vier van die mans is op die toneel dood en een is deur Maponya 911 ambulansdiens na die hospitaal geneem, terwyl die twee offisiere deur ER24 op die toneel behandel is.

Volgens ‘n ooggetuie, Ashley van Rooyen, wat een voertuig agter die polisievoertuig gery het, het die polisievoertuig spoed verminder. Die volgende oomblik het die Suzuki uit die rigting vir aankomende verkeer probeer om ‘n voertuig oor die witstreep verby te steek en teen die polisievoertuig gebots.
“Die Suzuki-voertuig het ‘n ent in die lug opgetrek en toe tot stilstand gekom,” sê Ashley. Hy het dadelik gestop om te help. Die polisiemanne het uit die voertuig geklim en op die grond gaan lê. Hulle het hom gevra om die nooddienste te bel.
Daarna is hy na die Suzuki. Volgens hom was die bestuurder en ’n passasier reeds dood. Die ander drie agter in die voertuig het nog geleef. “Ons het hulle uit die voertuig gehelp, maar die een is later langs die voertuig dood,” sê Ashley.ER24 het die twee oorlewende passasiers behandel maar na verskeie pogings en hartmassering is nog een van die mans op die toneel dood verklaar.

Die vyfde insittende is met kritieke beserings na die hospitaal geneem deur Maponya 911 ambulansdiens. Die pad was vir ‘n tyd lank vir verkeer gesluit, terwyl forensiese deskundiges die toneel opgemeet en foto’s geneem is. Teen druktyd kon Vaalweekblad nog geen inligting oor die name van die oorledenes en beseerde persone bekom nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button