NewsNews

Ma en kinders beseer in ongeluk

Vyf mense is Sondagmiddag op die R501(Carletonvillepad) buite Potchefstroom beseer, nadat hul voertuig gerol en teen 'n boom gebots het.

Vyf mense is Sondagmiddag op die R501(Carletonvillepad) buite Potchefstroom beseer, nadat hul voertuig gerol en teen ‘n boom gebots het.
Volgens ‘n verklaring van ER24 het paramedici op die toneel gekom waar hulle die ma en haar vier kinders ‘n entjie weg van die voertuig, wat onderstebo gelê het, af gevind het.
Paramedici het bevind dat een van die kinders, ‘n seuntjie van 9 jaar, het kritieke beserings opgedoen.
Die ma en drie dogters wat tussen 1 en 3 jaar oud is, het gelukkig net matige beserings opgedoen.
Die krities beseerde kind is onmiddellik deur ER24 behandel waarna hy in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.
Die voertuig het glo gerol waarna die insittendes uit die voertuig gegooi is.
Die polisie en Tlokwe verkeer was op toneel om verder ondersoek in te stel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button