NewsNews

Rowers gewond tydens plaasaanval

Twee verdagtes is gewond tydens ‘n plaasaanval wat gisteroggend (18 Oktober) omstreeks 07:30 ongeveer 15km buite naby Boshoek tussen Fochville en Potchefstroom plaasgevind het.

Twee verdagtes is gewond tydens ‘n plaasaanval wat gisteroggend (18 Oktober) omstreeks 07:30 ongeveer 15km buite naby Boshoek tussen Fochville en Potchefstroom plaasgevind het.

Volgens ‘n verklaring van ER24 het paramedici met aankoms, twee mans buite die plaashuis aangetref.  Die twee het albei skietwonde aan hulle bene opgedoen. Hulle is behandel en glo onder polisie begeleiding deur die provinsiale ambulansdienste na Laratong hospitaal geneem.

Sover bekend het ses verdagtes die huis binne gekom waarna die slagoffer dadelik plaaslike owerhede en boere van die area ontbied het. Na bewering het die owerhede daarin geslaag om die vermeende plaas aanvallers te verjaag en die twee gewonde verdagtes is in hegtenis geneem. Daar word steeds na die ander verdagtes gesoek.

Die verdagtes het glo in ‘n rooi Volkswagen Polo en in ‘n wit Isuzu enkelkajuit bakkie gevlug. Die verdagtes is glo gewapen.

Lees meer oor die en ander berigte in môre se uitgawe van die Herald.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button