NewsNews

Verdagte op huis se dak vasgetrek

’n Verdagte is verlede Sondagoggend omstreeks 01:00 in Borriusstraat in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat polisie en lede van die gemeenskap die man op ’n huis se dak vasgekeer het.

’n Verdagte is verlede Sondagoggend omstreeks 01:00 in Borriusstraat in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat polisie en lede van die gemeenskap die man op ’n huis se dak vasgekeer het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die man by ’n voertuig opgemerk. “Die mense het die alarm hoor afgaan, waarna hulle ondersoek ingestel het,” vertel Manyoba.
Hulle het die man halflyf in die voertuig gesien. Die verdagte het weggehardloop toe hy die mense sien. Hy het slegs tyd gehad om kontant uit die voertuig te steel. Die polisie het op die toneel gekom en het die man deur verskillende erwe gejaag. Hy is uiteindelik op ’n huis se dak in die area vasgekeer.
Die verdagte word glo reeds vir ‘n geruime tyd deur die polisie gesoek in verband met verskeie sake van diefstal en inbraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button