NewsNews

Voetganger deur trok meegesleur

VEREENIGING. – ‘n Ongeluk vanoggend het die dood van ‘n voetganger veroorsaak onder die R59 in Houtkopweg, Vereeniging.

Die lyk van die voetganger lê hier onder die trok se vooras waar hy tot teen die wal tot stilstand gekom het. Foto: Jannie du Plessis

VEREENIGING. – ‘n Ongeluk vanoggend het die dood van ‘n voetganger veroorsaak onder die R59 in Houtkopweg, Vereeniging.

Die ongeluk het het net voor 12:00 gebeur tussen ‘n trok, ‘n swart BMW en ‘n VW kombi. Volgens onbevestigde inligting wou die BMW draai en het die trok die vrou wat bestuur het aan die linkerkant getref. Haar voertuig het getol en teen die kombi gebots. Die trok is oor die sypaadjie, het die robot plat gery, die voetganger getref en meegesleur het onder die vooste as tot teen die wal van die brug. Brandweer personeel wat op die toneel was het die trok opgelig met hydrolies toerusting maar die voetganger was reeds dood. Die bestuurder van die trok is met ligte beserings hospitaal toe geneem terwyl die vrou met ander vervoer hospitaal toe geneem is. Forensies personeel het laat vanmiddag opmetings en fotos op die toneel geneem. Die voorval word deur die polisie ondersoek.

Die toneel van die ongeluk onder die R59 snelweg in Houtkopweg. Foto: Jannie du Plessis

 

Die BMW het na die botsing teen die VW kombi gebots. Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button