

Illustrasie foto
Die pasgebore babadogtertjies is deur ‘n kliënt van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp in ‘n toiletbak gevind.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die baba se naelstring nog aan haar.
Die ma van die dogtertjie het vermoedelik geboorte gegee aan die kind in die badkamer verlede Vrydag en haar net daar gelos.
Sy is ‘n werknemer in die sentrum en is by haar werksplek in hegtenis geneem.
Sy sal binnekort in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.
Die baba is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling en dit gaan goed met haar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.