‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 15 jarige meisie vermoor het, sal môre (16 Mei) in die Klerksdorp landroshof verskyn op aanklag van moord.
Dit volg nadat die verbrande lyk van die 15 jarige kind in ‘n veld naby Jouberton gevind is. Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, is die meisie Vrydag (12 Mei) die laaste keer gesien.
“Die familie het haar Saterdag (13 Mei) as vermis aangemeld, die volgende dag is haar verbrande lyk gevind,” het Mokgwabone gesê.
Die verdagte is kort nadat die lyk gevind is, in hegtenis geneem. Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die geval ten sterkste veroordeel maar die betrokke polisielede geprys nadat hulle so vinnig die verdagte in hegtenis geneem het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



