
Die video het gistermiddag aan die lig gekom.
In die video kan jy sien ‘n voertuig staan met sy noodflikkers aan, terwyl ‘n ander een probeer omdraai.
Die persoon wat die video geneem het, klim uit sy voertuig en gaan na die voertuig wat stilstaan. Met die gewaar hy die persoon wat in die pad lê. Hy klop aan die venster van die stilstaande voertuig. Die vrou in voertuig kry nie ‘n woord uit nie.
Die man wat saam met haar in die voertuig is klim uit en verduidelik van ‘n voertuig wat nadergekom het en skote met AK-47’s begin afvuur het.
Die voorval het by die OR Tambo-lughawe op die Ringwegpad, plaasgevind.
Verdere inligting het aan die lig gekom dat die bestuurder van ‘n Hyundai H1 ses mense na die lughawe vervoer het toe hulle deur ‘n swart VW Golf voorgekeer is. Die bestuurder is geskiet en die vermeende kapers het met die passasiers op vlug geslaan. Hulle is in Phodesfield, Kempton Park afgelaai en van hul besitting beroof.
Die voorval word ondersoek.
Enige persoon met inligting kan Crime Stop by 0860010111 skakel.