NewsNews

Polisievoertuig gekaap; skote klap; twee beseer

‘n Jaagtog het gister onstaan na ‘n polisievoertuig op die N3 gekaap is.

Nooddienspersoneel van ER24 op die toneel besig om die man, vermoedelik die kaper, te behandel na hy geskiet is.

Lede van die polisie en die polisie se lugvleuel het alles in hul vemoë gedoen om die kaper vas te trek.

Die jaagtog het egter tot ‘n einde gekom in Jan Coetzee- en Kritzingerstraat in Florentia, Alberton nadat die vermeende kaper teen ‘n muur vasgejaag het.

Twee mense is in die voorval beseer. ’n Man is kritiek beseer en die polisievrou het matige beserings opgedoen. Sy is na bewering deur ’n onbekende aantal mans uit die motor gekaap.

Die verdagte en die polisie het op mekaar losgebrand en die vermeende kaper is in die kop getref. Die vrouebestuurder van die gekaapte voertuig is uit die motor gegooi toe dit gekaap is.

Die man is agter die stuurwiel van die polisiemotor aangetref. Hy is op die toneel vir sy beserings behandel voor hy hospitaal toe geneem is.

Kyk die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button