Regter besoek toneel
Regter Corné van Zyl, vergesel van die regsspanne van die staat en die verdediging, die beskuldigdes en lede van die media het vanoggend 16 Mei die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik besoek waar Samuel Jubeda en Simon Tjixa op 6 Januarie 2016 deur boere en inwoners van die Weiveld-omgewing aangekeer is toe hulle ’n ander …

Regter Corné van Zyl, vergesel van die regsspanne van die staat en die verdediging, die beskuldigdes en lede van die media het vanoggend 16 Mei die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik besoek waar Samuel Jubeda en Simon Tjixa op 6 Januarie 2016 deur boere en inwoners van die Weiveld-omgewing aangekeer is toe hulle ’n ander boer van die omgewing, Loedie van der Westhuizen sr. te hulp wou snel.
Die staat beweer dat die twee, toe hulle aangekeer is só erg aangerand is dat hulle kort daarna aan hul beserings in die hospitaal beswyk het.
Die besoek was om regter Van Zyl ’n idee te gee van die terrein waar die mans aangetref is en die paaie tot by die plaas asook die afstand tussen die plase Swartklip, en Biesiesbult waar die plaasaanval was.
Vanmiddag is die kruisondervraging van die staatspatoloog dr Baung Lairi afgesluit. Die verhoor duur môre voort en is tot 26 Mei op die hofrol geplaas.

Regter Corné van Zyl en die regsspanne op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik: Foto: Mariné Lourens, Maroela Media.

Die toneel waar die ambulans die polisiewa langs die pad ontmoet het op 6 Januarie 2016 om die twee beseerde mans na die hospitaal te vervoer. Regter Corné van Zyl en die onderskeie regspanne het Dinsdag die toneel besoek. Foto: Alet van der Walt, Volksblad