NewsNewsSportSport

Krieketwedstryde begin dié naweek

Die Merafong City Krieketklub se T20-toernooi begin Sondag.

Die klub hou dié kompetisie om van die geld te probeer terugkry vir die sowat R90 000 wat hulle moes opdok om die krieketveld en klubhuis by die Gert van Rensburg-stadion in Fochville weer in ‘n werkende toestand te kry.
Die aksie begin Sondag, 14 April, om 10:00 wanneer die Merafong City Sat 1 teen die Dill She 11-span uitdraf. Die dag se tweede wedstryd sal om 13:30 begin. Hier sal EB Motors en Speedy Den Motor Mart mekaar die stryd aansê.
Op Sondag, 21 April, sal Merafong City Sat 1 teen opponente van óf Klerksdorp óf Lichtenburg te staan kom. Matlosana 4 sal die Merafong ontwikkelingspan om 13:30 die stryd aansê.
Die Gert van Rensburg-stadion sal weer op 28 April vol aksie wees wanneer Dill She 11 om 10:00 teen Speedy Den Motor Mart sal uitdraf. Merafong City Sat 1 en Speedy Den Motor Mart sal mekaar ook in die wedstryd om 13:30 die stryd aansê.
Nóg wedstryde sal op Sondag, 5 Mei, gespeel word. EB Motors en Dill She 11 gaan om 10:00 kragte meet, terwyl die twee spanne van Merafong om 13:30 teen mekaar te staan gaan kom.
Die volgende reeks wedstryde, wat die semifinale en finaal sal insluit, sal eers weer op 9 Junie begin.
Enige iemand wat meer van die klub se aktiwiteite wil weet, kan die klub se voorsitter, Daniel Naude, by 082 055 2879 skakel.

Related Articles

Back to top button