Dié 16-jarige danser, ‘n oud-leerling van Laerskool Losberg wat nou in Potchefstroom Gimnasium is, gaan van 12 tot 22 Junie aan die Europe Dance Grand Prix Championships in die Italiaanse stad Bologna deelneem. Sy is deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Hip hop, Fusion en Acro groepdanse gaan meeding.
Anellé het ‘n besige vakansie wat voorlê aangesien sy ook Suid-Afrika in die IFAA dans en modelkompetisie en Grand Prix in Windhoek in Namibië gaan verteenwoordig. Dié kompetisie gaan op 29 Junie gehou word.
Anellé gaan tydens dié kompetisie, sowel as tydens nog ‘n kragmeting op 1 Julie in Swakopmund, in 10 dansstyle meeding.