NewsNews

OD kry plek in prestige gholfakademie

‘n Junior gholfspeler van Carletonville wat al verskeie prestasies bereik het,

Die 15-jarige OD, wat tot verlede jaar ‘n leerling van Hoërskool Carletonville was, is raakgesien toe hy in September verlede jaar by Pinnacle Point in Mosselbaai gholf gespeel het.
“Hulle het hom gevra om ‘n aansoekvorm vir die Louis 57 Oosthuizen junior gholfakademie in te vul. Hoewel spelers in die Suid-Kaap moet bly om vir ‘n plek in aanmerking te kom, is hy toe tog gekeur,” sê sy ma, me. Hanlie Brits.
Daar was tien oop plekke in die akademie, wat in 2009 onder meer deur die professionele speler Louis Oosthuizen geopen is. OD is die enigste speler wat nie uit die Suid-Kaap kom nie wat keuring gekry het.
Hy is reeds die afgelope week na Mosselbaai om sy skoolloopbaan daar voort te sit.
OD was reeds vir verskeie jare deel van die Noordwes Gholfspan gewees en het ook uitstekend by nasionale kompetisies presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button