
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle die voorval op die kameramoniteringstelsel gesien, gebeur waarna reaksiebeamptes na die toneel gestuur is.
Die voertuig het bo-oor die verkeersirkel, deur die muur van die kompleks gegaan waar dit toe tot stilstand gekom het.
Volgens Haefele het die reaksiebeamptes die polisie gekontak wat met aankoms die toneel oorgeneem het.
Volgens Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, is daar geen dossier wat met die voorval verband hou ge-open nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



