NewsNews

Voertuig ploeg deur kompleksmuur

‘n Voertuig het Sondagoggend (5 April) omstreeks 03:30 deur die muur van ‘n kompleks op die hoek van Albert Luthuli en Goudstraat in Potchefstroom geploeg.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle die voorval op die kameramoniteringstelsel gesien, gebeur waarna reaksiebeamptes na die toneel gestuur is.

Die voertuig het bo-oor die verkeersirkel, deur die muur van die kompleks gegaan waar dit toe tot stilstand gekom het.

Volgens Haefele het die reaksiebeamptes die polisie gekontak wat met aankoms die toneel oorgeneem het.

Volgens Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, is daar geen dossier wat met die voorval verband hou ge-open nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button