NewsNews

13 April: SA kry 145 Covid-19 gevalle in een dag by

Suid-Afrika het nou 2 173 postief getoetste Covid-19 gevalle (die vorige getal was 2 028) wat beteken daar is 145 nuwe gevalle . Tot dusver is daar regoor die land reeds 80 085 toetse gedoen. Die virus het reeds 25 lewens geëis, terwyl 410 lyers het herstel. Daar is nog 1 593 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Provinsiale gevalle:

Gauteng – 865

Wes-Kaap – 587

KwaZulu-Natal – 443

Vrystaat – 96

Oos-Kaap – 88

Limpopo – 23

Mpumalanga – 21

Noordwes – 19

Noord-Kaap – 16

Nie toegeken aan ‘n provinsie – 15

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 853 610 (gister was dit 1 780 909) en het reeds 114 271 lewens geëis (gister was dit 108 852). Daar het 427 896 herstel (gister was die aantal 404 497). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope drie dae op die lys gevoeg nie).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 560 433 (vorige getal was 533 088), en nou ook die meeste sterftes van 22 115. Daar het tot dusver 32 634 herstel. Daar is nog  505684 aktiewe gevalle.

Spanje het nou 166 831 gevalle (vorige getal was 163 027), wat 17 209 sterftes insluit en 62 391 wat herstel het. Daar is tans nog 87 231 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  156 363 gevalle (vorige getal 152 271), en die tweede hoogste sterftesyfer van 19 899. Daar het 34 211  herstel. Daar is nog 102 253 aktiewe gevalle.

Frankryk het 132 591 gevalle (vorige getal 129 654), wat 14 393 sterftes insluit en 27 186 wat herstel het. Daar is nog 91 012 aktiewe gevalle.

Duitsland het 127 854 gevalle (die vorige getal was 125 452), wat 3 022 sterftes insluit en 64 300 wat herstel het. Daar is nog 60 532 aktiewe gevalle.

Die Verenigde Koninkryk het nou ook verby China op die leer geskuif en het  84 279 gevalle (vorige getal 78 991), wat 10 612  sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal) wat herstel het. Daar is nog 73 323 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 82 160 gevalle (vorige getal 82 052),  wat 3 341 sterftes insluit en 77 663 wat herstel het. Daar is tans nog 1 156 aktiewe gevalle .

In Iran is daar 71 686 gevalle (vorige getal 70 029), wat 4 474 sterftes insluit en 43 894 wat herstel het. Daar is nog 23 318 aktiewe gevalle.

Turkye het 56 956 gevalle (vorige getal 52 167), wat 1 198 sterftees insluit en 3 446 het herstel het. Daar is nog 52 312 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button