NewsNews

15 April: Meer as 2 miljoen Covid-19 lyers oor wêreld

Vanoggend se plaaslike postief-getoetste Covid-19 gevalle in die Wes-Rand is 35. (die onderskeie dorpe se gevalle word nie gespesifiseer nie).

Suid-Afrika het nou 2 415 positiefgetoetste  Covid-19 gevalle (die vorige getal was 2 272) wat beteken daar is 143 nuwe gevalle. Die virus het reeds 27 lewens geëis, waarvan een geen onderliggende siekte of toestand gehad het nie. Tot dusver het 410 lyers herstel. Daar is nog 1 978 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. (Hierdie getalle mag deur die loop van die dag verander).

Provinsiale Covid-19 gevalle:

Gauteng – 909

Wes-Kaap – 643

KwaZulu Natal – 489

Oos-Kaap – 174

Vrystaat – 98

Limpopo – 24

Mpumalanga – 22

Noordwes – 22

Noord-Kaap – 16

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 18

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle het die 2 miljoen-kerf oorgesteek met 2 000 765 (gister was dit 1 925 877) en het reeds 126 776 lewens geëis (gister was dit 119 719). Daar het 484 831 herstel (gister was die aantal 452 333). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope vyf dae op die lys gevoeg nie).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 614 246 (vorige getal was 587 155), en ook die meeste sterftes van 26 064 (vorige syfer was23 644). Daar het tot dusver 38 820 herstel. Daar is nog  549 362 aktiewe gevalle.

Spanje het nou 174 060 gevalle (vorige getal was 70 099), wat 18 255 sterftes insluit en 67 504 wat herstel het. Daar is tans nog 88 301 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  162 488 gevalle (vorige getal 159 516), en die tweede hoogste sterftesyfer van 21 067. Daar het 37 130  herstel. Daar is nog 104 291 aktiewe gevalle.

Frankryk het 143 303 gevalle (vorige getal 136 779), wat 15 729 sterftes insluit en 28 805 wat herstel het. Daar is nog 98 769 aktiewe gevalle.

Duitsland het 132 210 gevalle (die vorige getal was 130 072), wat 3 495 sterftes insluit en 72 600 wat herstel het. Daar is nog 56 115 aktiewe gevalle.

Die Verenigde Koninkryk het 93 873 gevalle (vorige getal 88 621), wat 12 107  sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal) wat herstel het. Daar is nog 81 422 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 82 295 gevalle (vorige getal 82 249),  wat 3 342 sterftes insluit en 77 816 wat herstel het. Daar is tans nog 1 137 aktiewe gevalle .

In Iran is daar 74 877 gevalle (vorige getal 73 303), wat 4 683 sterftes insluit en 48 129 wat herstel het. Daar is nog 22 065 aktiewe gevalle.

Turkye het 65 111 gevalle (vorige getal 61 049), wat 1 403 sterftes insluit en 4 799 het herstel het. Daar is nog 58 909 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button