
Dit blyk ‘n feit soos tuisbly in grendeltyd te wees dat petrol vir die vyfde agtereenvolgende maand in Mei weer goedkoper sal wees, en motoriste met dieselvoertuie vir die vierde agtereenvolgende maand verligting sal kry. Die verlaging van na verwagting so byna R2 per liter vir petrol, en net meer as R1 vir diesel sal teen 6 Mei in werking tree.
Dit beteken dat as die Mei verlaging in brandstofpryse in werking tree, jy met al die prysverlagings van brandstofpryse vir 2020 al ‘n allemintige R211,50 na raming minder vir ‘n 50 liter tenk petrol sal betaal, en by die kus R214,50 minder.
Vir diesel sal jy dan al sedert die begin van die jaar nagenoeg R150 op ‘n 50 liter tenk brandstof bespaar, en R152 by die kus.
Maar al word brandstofpryse laer, is paaie stil met Jan Tuisbly se kar wat die tuinroete ry.
(Bron: Netwerk24)