NewsNews

20 April: Die Wesrand het nou 38 Covid-19 gevalle

Volgens statistieke wat nou net die Gauteng Department van Gesondheid beskikbaar gestel is, is daar nou 38 gevalle van Covid-19 in die Wes-Rand.

Die nuutste Covid-19 getalle wat gisteraand bekend gemaak is (en daarna nog nie weer verander het nie): Daar is nou 3 034 positiefgetoetste Covid-19 gevalle in SA (die vorige aantal was 2 783) wat beteken daar is 251 nuwe gevalle – die grootste aantal wat op een dag aangekondig is sover. Daar het intussen nog twee pasiënte gesterf wat die sterftesyfer nou op 52 te staan bring. Een van die Wes-Kaap en een van KwaZulu-Natal. Tot dusver het 903 lyers herstel. Daar is nog 2 079 aktiewe gevalle waarvan 7 kritiek is. Daar is tot op hede reeds 108 021 toetse in SA gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 10  positief-getoetste gevalle. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Gauteng – 1 101 (6 sterftes)

Wes-Kaap – 836 (16 sterftes)

KwaZulu Natal – 604 (21 sterftes)

Oos-Kaap – 270 (4 sterftes)

Vrystaat – 100 (4 sterftes)

Limpopo – 26 (1 sterfte)

Mpumalanga – 25

Noordwes – 24

Noord-Kaap – 16

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 32

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 332 627 (gister was dit 2 251 770) en het reeds 160 791 lewens geëis (gister was dit 154 311). Daar het 600 129 herstel (gister was die aantal 574 386). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope nege dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 738 923 (vorige getal was 710 272), en ook die meeste sterftes van 39 015 (vorige syfer was 37 175). Daar het tot dusver 68 285 herstel. Daar is nog  631 623 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 194 415 gevalle (vorige getal was 190 839), wat 20 639 sterftes insluit en 74 797 wat herstel het. Daar is tans nog 98 980 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  175 925 gevalle (vorige getal 172 434), en die tweede hoogste sterftesyfer van 23 227. Daar het 44 927  herstel. Daar is nog 107 771 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 151 793 gevalle (vorige getal 147 969), wat 19 323 sterftes insluit en 35 983 wat herstel het. Daar is nog 96 487 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 143 724 gevalle (vorige getal 141 397), wat 4 538 sterftes insluit en 88 000 wat herstel het. Daar is nog 51 186 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 114 217 gevalle (vorige getal 108 692), wat 15 464  sterftes insluit en 344 (laaste geregistreerde getal nie bekend gemaak nie) wat herstel het. Daar is nog 98 409 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 735 gevalle (vorige getal 82 719),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 062 wat herstel het. Daar is tans nog 1 041 aktiewe gevalle.
  • Turkye het verby Iran geskuif op die leer met 82 329 gevalle (vorige getal 78 546), wat 1 890 sterftes insluit en 10 453 het herstel het. Daar is nog 69 986 aktiewe gevalle.
  • In Iran is daar 80 868 gevalle (vorige getal 79 494), wat 5 031 sterftes insluit en 55 987 wat herstel het. Daar is nog 19 850 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button