NewsNews

21 April: Meer toetse, meer SA Covid-19 gevalle

Daar word nou daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Die nuutste Covid-19 getalle is gisteraand bekend gemaak (en het daarna nog nie weer verander nie). Daar is nou 3 300 positief-getoetste Covid-19 gevalle in SA (die vorige aantal was 3 158) wat beteken daar is 142 nuwe gevalle. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle daar geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het.

Daar het intussen nog 4 pasiënte gesterf wat die sterftesyfer nou op 58 te staan bring. Tot dusver het 1 055 lyers herstel. Daar is nog 2 187 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is tot op hede reeds 121 510 toetse in SA gedoen. (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 11  positief-getoetste gevalle. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Gauteng – 1 170 (7 sterftes)

Wes-Kaap – 940 (17 sterftes)

KwaZulu Natal – 639 (23 sterftes)

Oos-Kaap – 310 (5 sterftes)

Vrystaat – 105 (5 sterftes)

Limpopo – 27 (1 sterfte)

Noordwes – 25

Mpumalanga – 23

Noord-Kaap – 18

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 43

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 482 550 (gister was dit 2 407 537) en het reeds 170 479 lewens geëis (gister was dit 165 082). Daar het 652 479 herstel (gister was die aantal 625 304). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 11 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 792 938 (vorige getal was 764 265), en ook die meeste sterftes van 42 518 (vorige syfer was 40 565). Daar het tot dusver 72 389 herstel. Daar is nog  678 031 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 200 210 gevalle (vorige getal was 198 647), wat 20 852 sterftes insluit en 80 587 wat herstel het. Daar is tans nog 98 771 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  181 228 gevalle (vorige getal 178 972), en die tweede hoogste sterftesyfer van 24 114. Daar het 48 877  herstel. Daar is nog 108 237 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 155 383 gevalle (vorige getal 152 894), wat 20 265 sterftes insluit en 37 409 wat herstel het. Daar is nog 97 709 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 147 065 gevalle (vorige getal 145 742), wat 4 862 sterftes insluit en 95 200 wat herstel het. Daar is nog 47 003 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 124 743 gevalle (vorige getal 120 067), wat 16 509  sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 107 890 aktiewe gevalle.
  • Turkye het 90 980 gevalle (vorige getal 86 306), wat 2 140 sterftes insluit en 13 430 wat herstel het. Daar is nog 75 410 aktiewe gevalle.
  • Iran het ook by China verby gesteek met 83 505 gevalle (vorige getal 82 211), wat 5 209 sterftes insluit en 59 273 wat herstel het. Daar is nog 19 023 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 758 gevalle (vorige getal 82 747),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 123 wat herstel het. Daar is tans nog 1 003 aktiewe gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button