NewsNews

Engelse onnie jaag droom in Afrikaans na

Soos ‘n slukkie “Lemon twist” eers soet, dan slaan die pikante geur deur waarvoor mens wag. Dit is hoe dit voel wanneer jy die nuwe kunstenaar en Engelse onderwyser van Potchefstroom High School for Boys, Carma se musiek hoor.

Soos ‘n slukkie “Lemon twist” eers soet, dan slaan die pikante geur deur waarvoor mens wag.
Dit is hoe dit voel wanneer jy plaaslike kunstenaar en Engelse onderwyser van Potchefstroom High School for Boys, Carma se musiek hoor.
Haar nuutste enkelsnit “Oase” is vandag op GrootFM bekend gestel. Vir Carma was die pad tot op hierdie punt nie maklik nie. Sy het die besluit gemaak om haar droom na te jaag. As deeltydse en onafhanklike kunstenaar het sy vokale opleiding gekry. Die geld wat sy kon bekom is in die vervaardiging van haar liedjies belê.
“Ek sing al vandat ek kan onthou, my ma het haar eie “band” gehad. My ouma rig ook nog die koor af. So ek het baie musikale talent ge erf. Maar dit nooit ernstig opgeneem nie. Ek het in 2012 besluit om my droom ‘n kans te gee. Ek het paar liedjies opgeneem en dit begin uitstuur. Ek het baie hard geval, want toe begin die nee’s inkom,” verduidelik sy.
Sy het vir sanglesse gegaan, en deur een van haar sanginstrukteurs het sy ‘n vervaardiger ontmoet wat een van haar eie liedjies, ‘Sonder Liefde’ vervaardig het.
“Ek het dit aan verskillende radiostasies gestuur. Meeste van hulle het dit toe “geplaylist”. Dit was vir ses weke op GrootFM se Top 20 gewees,” vertel sy.
“Dit kos baie geld om die liedjies op te neem. So daarna het ek gesukkel om nog liedjies op te neem. My droom het begin voel asof niks daarvan gaan kom nie. Maar ek het aanhou sing, veral by feeste. Die shows het elke keer groter geword,” verduidelik sy.
Behalwe vir die normale uitdagings wat elke kunstenaar in die gesig staar, het Carma in 2019 ‘n persoonlike terugslag beleef.
Haar ma is in Oktober skielik oorlede.
“My ma was nog altyd my grootste aanhanger,” vertel Carma.
Daar het ‘n bedrag geld van ‘n polis van haar ma aan haar pa uitbetaal.
Alhoewel haar ma en pa al elf jaar geskei was, het hy steeds ‘n gedeelte van die geld aan Carma betaal om haar droom nog verder na te jaag.
“Daar was net genoeg geld om een van my liedjies op te neem en vry te stel. Die Here het net vir my gesê om een van die land se beste liedjieskrywers te nader om vir my ‘n liedjie te skryf. Ek het vir Johan Oberholzer gevra om vir my ‘n liedjie te skryf,” vertel sy.
Die eindresultaat is haar nuwe liedjie, Oase wat deur Robin Kielly vervaardig is.
“Dit is nie vir my regtig ‘n maak of breek oomblik in my loopbaan nie. Omdat ek nie dink mens ooit jou eindbestemming met ‘n droom haal nie. Dit is wel ‘n groot stap in die regte rigting wat ek glo vir my baie deure gaan oopmaak,” verduidelik sy.
Carma glo dat alles wat sy tot dusver deur gegaan het loop nou op hierdie liedjie uit.
“Ek is nie die beste nie, ek het nie baie geld of “followers” nie. Ek het nie bekende vriende nie, en skielik val alles in plek. Dit is 60% harde werk, 40% talent en 100% God se wil,” verduidelik sy.
Volg vir Carma op Facebook, Instagram en op Youtube.

Luister die enkelsnit

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button