NewsNews

Vermiste man se lyk in Vaalriver gevind

‘n Man in sy veertigs het verlede Woensdag gesterf, nadat hy met sy Toyota Fortuner in die Vaalrivier ingery het.

‘n Vermiste persoon saak is ondersoek nadat Cartrack die SAPD in kennis gestel het, dat die voertuig se sein by Heron Banks langs die Vaalrivier gestop het Vaalweekblad berig.

Na wat verneem word het die oorledene verlede Dinsdag aan familielede gesê dat hy selfmoord gaan pleeg. Die SAPD het by Heron Banks spore van die voertuig op die oewer gevind, waarna die duikers van die SAPD-watervleuel ingeroep is.

Die oorledene en sy voertuig is sowat 40m van die oewer 6m onder water gevind. Die Sasolburg speurtak is tans besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

*Vaalweekblad wag steeds vir amptelike terugvoering van die Sasolburg speurtak.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button