NewsNews

Egpaar onsteld na hysbak-nagmerrie

Wat veronderstel was om ‘n roetine doktersbesoek te wees, het op 28 April in Vanderbijlpark in ‘n nagmerrie vir Peet en Leonie van der Westhuizen ontaard. Volgens die egpaar het hulle hul huisdokter by Mediclinic Emfuleni gaan spreek en was op pad van die eerste vloer na die grondvloer toe die hysbak tussen die vloere…

Wat veronderstel was om ‘n roetine doktersbesoek te wees, het op 28 April in ‘n nagmerrie vir Peet en Leonie van der Westhuizen ontaard.

Volgens die egpaar het hulle hul huisdokter by Mediclinic Emfuleni  gaan spreek en was op pad van die eerste vloer na die grondvloer toe die hysbak tussen die vloere gaan staan het.

Die egpaar was glo vir  ‘n uur en vyftien minute in die hysbak vasgekeer. “Ons is baie ongelukkig oor hoe die situasie hanteer is. Dit was “scary” om met haar wat nie lekker voel nie in ‘n hysbak vaskeer te wees,” vertel mnr. van der Westhuizen.

“Die hysbak het net voor 11 uur gaan staan. Ons het die alarm gedruk en gedruk. ‘n Vrou het met ons deur die hysbak se deur gepraat en gesê dat sy hulp sal kry. Teen 11:14 het ek die hospitaal se ontvangs op my selfoon gebel. Die ontvangsdame het gesê dat hulle ‘n tegnikus gaan ontbied. Ek het teen 11:33 weer gebel. Ons het die alarmklokkie weer en weer gedruk, niks en niemand het gekom nie,” sê van der Westhuizen.

Volgens  die egpaar het die hysbak weer om 12:10 aangekom. “Toe ons uitklim was daar niemand om met ons te praat nie. Ek het na die ontvangs gegaan om ‘n klag in te dien. Niemand het ons eers gevra of ons ok was nie. Die persoon wat met klagtes werk was glo nie aan diens nie,” het ‘n onstoke van der Westhuizen na hul nagmerrie-ervaring gesê.

*Vaalweekblad het Mediclinic Emfuleni per e-pos en telefonies om kommentaar genader.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Egpaar onsteld na hysbak-nagmerrie

Related Articles

Back to top button