
Volgens ‘n woordvoerder het ‘n groot deel van Fochville se krag net na middenag afgegaan. Hoewel die toevoer na die grootste deel van die dorp in die vroeë oggendure herstel is, is die Noordelike deel van Fochville steeds sonder krag.
Protealaan, Irislaan, Anemoonstraat. Tulpstraat, Daliastraat, malvastraat, Jacarandalaan, Piesersollaan en die Fochville dienssentrum word deur die probleem beïnvloed.
“Ons elektrisiteitsdepartment is steeds met toets en herselwerk besig, aangesien verskeie kabelfoute gevind is. As gevolg van die lengte van die kabel wat beskadig is, word sekere gebiede geïsoleer en getoets soos wat die probleme herstel word, terwyl ander areas heeltemal af bly. Die reën wat vandag val, belemmer ook ons werk.
Ons vra onverskoning vir die ongerief. Om veiligheidsredes moet alle kabels en aansluitings as lewendig beskou word,” sê ‘n woordvoerder van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit.
weer