2 Mei: SA Covid-19 gevalle en sterftes styg
SA se Covid-19 gevalle staan nou net onder 6 000 met 5 951. Nog slegter nuus is dat daar nog 13 pasiënte gesterf het, wat die sterftesyfer nou op 116 te staan bring. Dié nuwe getalle is gisteraand bekend gemaak (die vorige aantal was 5 647), wat beteken daar is 304 nuwe gevalle. Hierdie getal het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 2 382 herstel. Daar is nog 3 453 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 217 552 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle is daar tot dusver 44 gevalle geregistreer.
In Mogale City is daar 31, in Rand West City 10 en in Merafong steeds net twee.
COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:
Wes-Kaap – 2 507 (55 sterftes) en (641 wat herstel het)
Gauteng – 1 507 (12 sterftes) en (948 wat herstel het)
KwaZulu Natal – 1 006 (33 sterftes) en (372 wat herstel het)
Oos-Kaap – 691 (12 sterftes) en (254 wat herstel het)
Vrystaat – 118 (5 sterftes) en (95 wat herstel het)
Mpumalanga – 35 (18 het herstel)
Noordwes – 35 (16 het herstel)
Limpopo – 34 (2 sterftes) en (25 wat herstel het)
Noord-Kaap – 18 (13 het herstel)
Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 0
Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 3401 351 (gister was dit 3 308 772), Tot dusver het die virus reeds 239 615 lewens geëis (gister was dit 234 133) en 1 083 816 het herstel (gister was die aantal 1 042 993). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is sedert gister 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.
Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 131 452 (vorige aantal 1 095 304) en 65 776 sterftes (vorige aantal was 63 871).
- Spanje – 242 988 gevalle (vorige aantal was 239 639) en 24 824 sterftes.
- Italië – 207 428 gevalle (vorige aantal 205 463) en die tweede hoogste sterftesyfer van 28 236.
- Verenigde Koninkryk – 177 454 gevalle (vorige aantal 171 253) en 27 510 sterftes.
- Frankryk – 167 346 gevalle (vorige aantal 167 178) en 24 594 sterftes.
- Duitsland – 164 077 gevalle (vorige aantal 163 009) en 6 736 sterftes.
- Turkye – 122 392 gevalle (vorige aantal 120 204) en 3 258 sterftes.
- Rusland – 114 431 gevalle (vorige aantal 106 498) en 1 169 sterftes.
- Iran – 95 646 gevalle (vorige aantal 94 640) en 6 091 sterftes.
- Brazil – 92 202 gevalle (vorige aantal 87 187) en 6 412 sterftes.
- China – 82 875 gevalle (vorige aantal 82 874) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 557 aktiewe gevalle in die land.
Lees die oorspronklike berig hier:
2 Mei: SA Covid-19 gevalle en sterftes styg (geen verandering in Sedibeng)