BlogsNewsNewsOpinions

Dié masker en ek werk nie saam nie

Kom ek gistraand agter my ore is anders as ander mense sin. Nes my skouers. Rond. Kleintyd moes ma my baaikostuum se bandjies altyd met ‘n stukkie lint agter op my rug vasmaak sodat die bandjies nie afrol nie.

Wel, so koop ek en Ma toe uiteindelik lapmaskers by die buurvrou. Ons moes vanoggend winkels toe en ja die President het gesê… Ma sit masker aan, verklaar sy gaan dood en haal weer af. Pa werk stukkie om sodat Ma se oë darem uitsteek, maar nee toe is die ding te hard en pla haar neus en ek weet nie wat als nie. Ma probeer ‘n ander een en is min of meer tevrede. My beurt om die masker te pas. Man, en dis waar die neukery toe inkom, want sodra ek die rek oor my regteroor het, dan skiet dit van my linkeroor af.
Ek begin naderhand soos onse President lyk. Uiteindelik het ek vir masker aan en die rekkies sit om beide ore… Maar, ja… byna dadelik voel ek dit toe… die stadige omvou van my ore soos wat net ‘n man wat in ‘n skrum sak sal verstaan, terwyl daardie rekkies om beide ore na vore beur. Pa lag uit sy maag, selfs Ma vergeet om te brei. “Jy het beslis nie kabouterore nie”, sê Ma. Pa het gelukkig ekstra stukkie rek gehad en ek is winkels toe met rek wat agter om my kop span om die masker in plek te hou… Wat ook nie noodwendig goeie idee was nie.
Eers wasem my bril so toe, dat ek daar sonder oor die weg moes kom en daarna toe skuif daai masker al hier voor my oë in. Gelukkig was die winkeltoeganery van korte duur, want onder daai maskertjie het my vel begin warm word en jeuk totdat my wange en neus soos ET van ouds se vinger begin gloei het. Anti-allergiese pille en baie room later, gaan dit darem nou beter. Dink ek moet maar ‘n t-hemp gaan stukkend sny…
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/61339/die-masker-en-ek-werk-nie-saam-nie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button