NewsNews

Paartjie se stryd om pienkvoet te registreer

Na die groot plesier om ‘n pienkvoet in die wêreld te verwelkom is ‘n jong egpaar van Vanderbijlpark raadop gesukkel om hulle maand oue baba by Binnelandse Sake te registreer. Dawid (25) en Chané (20) de Bruin het vanjaar op 5 April in die Johan Heyns-hospitaal ‘n pragtige baba-dogterjie Lalushka Chané ryker…

Na die groot plesier om ‘n pienkvoet in die wêreld te verwelkom is ‘n jong egpaar van die dorp raadop gesukkel om hulle maand oue baba by Binnelandse Sake te registreer.

Dawid (25) en Chané (20) de Bruin het vanjaar op 5 April in die Johan Heyns-hospitaal ‘n pragtige baba-dogterjie Lalushka Chané ryker geword, maar sukkel sedertdien om hul kleinding se geboorte geregistreer te kry.

Die Covid19-pandemie is die oorsaak van al hulle kopsere.  Die grendeltyd wat einde Maart aangekondig is het veroorsaak dat die normale prosedure in die hospitaal gevolg kon word nie.

Dawid (25) en Chané (20) sukkel vergeefs om hulle dogtertjie wat op 5 April gebore is by Binnelandse Sake in Vanderbijlpark te registreer.

Die egpaar is vandeesweek reeds twee keer na ure se gewag in ‘n ry by Binnelandse sake in Vanderbijlpark weggewys.

“Binnelandse Sake is nou weer oop, maar het nie ‘n toestel om mense se temperatuur te meet nie. Die publiek word nou na Vereeniging en Sebokeng verwys om nuwe geboortes te registreer. Ek dink nie dis regverdig nie, nie almal het vervoer om so ver te ry nie,” sê Daleen van der Schyff, Chané se ma.

*Die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, het vergeefs probeer om Binnelandse sake telefonies om kommentaar te nader.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Paartjie se stryd om pienkvoet te registreer

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button