NewsNews

7 Mei: SA Covid-19 gevalle staan op 7 808

SA se Covid-19 gevalle is nou 7 808 nadat daar gister 236 gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 7 572).

Daar is ook 5 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 153 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 3 153 pasiënte herstel. Daar is nog 4 502 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 279 379 toetse regoor die land gedoen.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 3 760 (73 sterftes) en (1 122 wat herstel het)

Gauteng – 1 720 (15 sterftes) en (1 036 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 189 (38 sterftes) en (420 wat herstel het)

Oos-Kaap – 849 (18 sterftes) en (388 wat herstel het)

Vrystaat – 130 (6 sterftes) en (102 wat herstel het)

Mpumalanga – 57 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 40 (3 sterftes) en (27 wat herstel het)

Noordwes – 37 (0 sterftes) en (20 het herstel)

Noord-Kaap – 26 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 3 820 736 (gister was dit 3 727 993), Tot dusver het die virus reeds 265 094 lewens geëis (gister was dit 258 354) en 1 303 146 het herstel (gister was die aantal 1 242 482). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 263 197 (vorige aantal 1 237 633) en 74 807 sterftes (vorige aantal was 72 271).
  • Spanje – 253 682 gevalle (vorige aantal was 250 561) en 25 857 sterftes.
  • Italië – 214 457 gevalle (vorige aantal 213 013) en die derde hoogste sterftesyfer van 29 684.
  • Verenigde Koninkryk – 201 101 gevalle (vorige aantal 194 990) en die tweede hoogste sterftesyfer van 30 076.
  • Frankryk – 174 191 gevalle (vorige aantal 170 551) en 25 809 sterftes.
  • Duitsland – 168 162 gevalle (vorige aantal 167 007) en 7 275 sterftes.
  • Rusland  – 156 929 gevalle (vorige aantal 155 370) en 1 537 sterftes.
  • Turkye – 131 744 gevalle (vorige aantal 129 491) en 3 584 sterftes.
  • Brazil – 126 611 gevalle (vorige aantal 115 953) en 8 588 sterftes.
  • Iran – 101 650 gevalle (vorige aantal 99 970) en 6 418 sterftes.
  • China – 82 885 gevalle (vorige aantal 82 883) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 295 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

7 Mei: SA Covid-19 gevalle staan op 7 808

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button