NewsNews

Vandag is jou laaste kans vir oor provinsies sonder permit

Vandag is jou laaste kans vir oor provinsies sonder permit

Vir diegene wat nie by die huis was toe die nasionale staat van inperking aanvanklik aangekondig is nie, is daar nog net vandag, 7 Mei, kans om tussen provinsies, distrikte en metropole te mag reis sonder ‘n permit om uiteindelik by jou huis te kom.
Maar onthou – al het jy vir hierdie een reis nie ‘n permit nodig nie, sal jou verduideliking agtermekaar moet wees.

Jy kan steeds nie sommer net in die motor spring en oor provinsiegrense reis nie. Hierdie is slegs vir mense wat nie by die huis kon kom toe die inperking aanvanklik aangekondig is.
Jy moet onthou dat waarheen jy dan nou reis, is waar jy sal moet bly totdat Vlak 4 inperking afgeskaal word. Daarom moet jy hierdie vergunning baie verantwoordelik gebruik en seker maak jy kom die reëls na, want jy sal waarskynlik deur padblokkades moet beweeg. As jy nie by die regulasies hou, en hierdie vergunning net gebruik vir rondrits, kan jy beboet of selfs gearresteer word.

Onthou ook dat as jy ‘n essensiële werker is, of ‘n essensiële diens verrig, moet jy steeds die wettige permit in jou besit hê van jou werkgewer of organisasie met die toepaslike adresse en kontaknommers daarop. Jy moet jou identiteitsdokument te alle tye by jou hê.
Oppas vir allerhande permitte wat op sosiale media versprei word. Van hierdie permitte word in ander lande gebruik en sal nie hier in Suid-Afrika by padblokkades aanvaar word nie. Maak seker jy het die regte dokumentasie voordat jy op die pad gaan.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/37369/vandag-is-jou-laaste-kans-vir-oor-provinsies-sonder-permit/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button