NewsNews

Hierdie huiswerkers mag werk

Jy sal maar moet vrede maak met die mop en die besem, want huisskoonmaak gaan vir ‘n rukkie nog baie se voorland wees. Net huiswerkers wat bejaardes, kinders, siek mense, en fisies en verstandelik gestremde mense versorg, asook inslaap-huiswerkers kon vanaf 1 Mei teruggaan werk toe. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele…

Jy sal maar moet vrede maak met die mop en die besem, want huisskoonmaak gaan vir ‘n rukkie nog baie se voorland wees.

Net huiswerkers wat bejaardes, kinders, siek mense, en fisies en verstandelik gestremde mense versorg, asook inslaap-huiswerkers kon vanaf 1 Mei teruggaan werk toe. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake het verlede week die aankondiging gemaak, nadat aanvanklik gesê is huiswerkers van mense wat in Vlak 4 mag teruggaan werk toe, sal ook weer kan werk.

Dit wil lyk of tuinwerkers eers in Vlak 3 van inperking weer sal kan werk. Onthou ook dat daar nou ‘n aandklokreël vir almal geld wat bepaal dat jy nie tussen 20:00 en 05:00 op straat mag wees nie, tensy jy ‘n geldige permit het om dan te mag rondbeweeg, soos in die geval van essensiële werkers.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/37450/hierdie-huiswerkers-mag-werk/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button