NewsNews

Jané (14) ervaar erge pyn

Jané Vorster, die 14-jarige skooldogter van HS Driehoek in Vanderbijpark, wat Saterdag ernstig beseer is in die ongeluk waartydens graad 12 leerder Shelby van Wyk gesterf het, verkeer tans in erge pyn in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton.

Haar ma, Claudia, het gistermiddag op ‘n ondersteuningsgroep in ‘n boodskap gesê dat Jané morfien vir die pyn kry, maar dat dit nie werk nie. Sy het in ‘n hartseer stem gevra dat mense asb. sal intree en vir haar dogter sal bid. “Ek kon ‘n hele rukkie by haar wees vanmiddag. Sy is spierwit in haar gesiggie van die pyn en huil verskriklik,” het Claudia in die boodskap gesê.
  • Intussen het Shelby se familie bevestig dat sy begrafnisdiens Maandag om 11:00 vanuit die AGS Dinamika Vanderbijlpark sal plaasvind. Pastoor Nico sal die diens lei. “Ons bedank almal uit die diepte van ons harte vir die bystand en die gebede vir Shelby en vir Jané. Ons waardeer dit meer as wat ons ooit kan beskryf,” is wat Shelby se oom namens die familie aan Vaalweekblad gestuur het om met die gemeenskap te deel.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/68889/jane-14-ervaar-erge-pyn/
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button