NewsNews

Soektog na unieke ’polisie’ motor

‘n Inwoner van Vereeniging het onlangs ‘n baie interessante motor by die verkeerslig-kruising naby Magic Lawns gewaar, en die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, het besluit om met die soektog na die interessante motor te help. Eddie Pelser van Vereeniging  beskryf die voertuig as ‘n ‘vintage’ motor. “Ek kon nie agterkom wat se voertuig dit was …

‘n Inwoner van Vereeniging het onlangs ‘n baie interessante motor by die verkeerslig-kruising naby Magic Lawns gewaar, en die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, het besluit om met die soektog na die interessante motor te help.

Eddie Pelser van Vereeniging  beskryf die voertuig as ‘n ‘vintage’ motor. “Ek kon nie agterkom wat se voertuig dit was nie, maar dit is opgemaak soos ‘n Amerikaanse polisievoertuig, kompleet met ligte op die dak,” sê Eddie. Kort na hy oor dié spesifieke motor op Vaalweekblad se Facebookblad navraag gedoen het, het iemand ‘n foto (hooffoto) gedeel. Eddie sê egter dat die motor ook vir hom mooi en interessant is, maar dat dit nie die voertuig is wat hy gesien het nie. Die een wat hy gesien het, het die nuwe soort ligte dwars oor die dak , amper soos die huidige Amerikaanse polisie-voertuie. Vaalweekblad het egter inligting oor die voertuig op die foto ontvang – dit het behoort, of behoort steeds aan twee broers van Pretoria wat die voetuig uitgestal het. Die voertuig was glo later te koop gewees.

 
  • Het iemand enige inligting oor die voertuig wat Eddie gesien het, of dalk weet aan wie dit behoort? Vaalweekblad sal graag met die eienaar wil kontak maak vir ‘n berig. Ons glo baie van ons lesers sal belangstel om meer oor die interessante voertuig te lees. Stuur asb. ‘n kontaknommer of enige inligting na elsje.vermeulen@media24.com of skakel 083 417 1059.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: https://vaalweekblad.com/70535/soektog-na-unieke-polisie-motor/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button