NewsNews

‘Bikers’ se massarit teen plaasmoorde

"Bikers" van regoor die land het vandag 'n massarit na die Uniegebou in Pretoria ondersteun om hul teenkanting teen plaasmoorde en rassisme te wys. Die rit is ook deur motorfietsklubs van die Vaal ondersteun.

Die plan was om van oral die massarit aan te pak en tussen 10:00 en 12:00 verby die ingang van die Uniegebou te ry. Daar is ook wit rose neergelê as deel van hul boodskap aan die regering. Die optog is puik ondersteun en die gebrul van motorfietse was aan die orde vandag.
Motoriste wat die voorreg gehad het om die optog te aanskou het oral op sosiale media gesê dat dit “‘n trotse oomblik” en “‘n mooi gesig was om te sien”.

* ‘n Groot dank aan al die motorfietsklubs en motorfietsryers wat die rit ondersteun en die boodskap duidelik oorgedra het.

Die plaaslike motorfietsklubs het vanoggend by Vaal Mall ontmoet vir die massarit Uniegebou toe.
Nog een van die foto’s wat vandag op sosiale media oor die optog gedeel is.
Bo en onder: Die boodskap is duidelik oorgedra – Stop plaasmoorde en rassisme!

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/72131/bikers-se-massarit-teen-plaasmoorde/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button