
Volgens statistieke wat vroeër vanmiddag deur die Gauteng department van gesondheid vrygestel is, is daar nou 8 280 gevalle van die nuwe coronavirus in Merafong. Dit is vyf gevalle meer as gister. Altesaam 2 431 van dié mense het al van die siekte herstel.
Intussen is daar nou al meer as 7 000 mense in Mogale City (die Krugersdorp-omgewing). Altesaam 7 011 mense in dié munisipale gebied het teen vandag positief vir die siekte getoets. Van dié getal het 5 645 mense reeds van hul infeksie herstel.
Daar is ook 3 529 mense in die Rand West City munisipale gebied (die Randfontein en Westonaria-omgewing) wat positief vir die siekte getoets het.
Altesaam 252 mense in die Wesrand is al aan Covid-19 oorlede.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.