NewsNews

VIDEO: Man vas na hy in kompleks betrap word

'n Man is Vrydagaand (4 September) in hegtenis geneem nadat hy by 'n kompleks op die Bult in Potchefstroom betrap is.

‘n Man is Vrydagaand (4 September) in hegtenis geneem nadat hy by ‘n kompleks op die Bult betrap is. Volgens Kiewiet van Zyl, Hoof operasionele beampte van die CID, het kamera-moniteerders opgemerk hoe ʼn man oor die muur van ʼn kompleks in Molenstraat klim. “Gewapende reaksie is gestuur en het die man binne die kompleks betrap. Uit die gepaardgaande beeldmateriaal is dit baie duidelik dat die man kwade bedoelings het en het die flinke reaksie op die kamera-monitering hom in sy spore gestop,” het Van Zyl gesê. Mooirivier Beskerming wat die kameras vir die CID beman het die verdagte aan die polisie oorhandig waarna hulle hom in hegtenis geneem het. “Welgedaan aan almal betrokke. So maak ons stuk vir stuk en geval vir geval ʼn proaktiewe verskil,” het van Zyl gesê.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/77803/video-man-vas-na-hy-in-kompleks-betrap-word/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button