NewsNews

Borg vir Deelkraal-man wat na bewering met kinders peuter

Een van die twee mans wat onlangs in verband met beweerde wandade met kinders gearresteer is, is verlede week op borgtog vrygelaat.

Dié 52-jarige man is op 5 November in hegtenis geneem nadat hy na bewering onwettige dade met minderjarige seuns gepleeg het. Die man is van die verkragting en onsedelike aanranding van kinders aangekla en het weer Vrydag, 13 November, vir ‘n formele borgaansoek in die Oberholzer landdroshof verskyn.
Borg is toegestaan en hy is terug in Deelkraal tot met sy volgende verskyning op 21 Januarie.

Die ander man wat dieselfde dag vir die vervaardiging en besit van kinderpornografie in hegtenis geneem is, ‘n 52-jarige inwoner van Elandsrand, is egter steeds in aanhouding. Drie onwettige vuurwapens en ammunisie is ook in sy besit gevind. Hy verskyn egter weer Vrydag in die hof.
Volgens ao. Bossie Boshoff van die polisie se provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming wat die mans in hegtenis geneem het, probeer hy alles in sy vermoë om mense wat met sulke misdade verbind word, weg te hou van kinders, maar moet hy hom berus by die besluit van die landdros wat só ‘n saak verhoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button