
Volgens Michelle het hulle haar pa onlangs na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto geneem vir behandeling, maar weens die derde vlaag van die Covid-19-pandemie is die hospitaal oorvol met Covid-19-pasiënte en kan daar nie onmiddellik op haar pa geopereer word nie. Hulle kon ook ‘n afspraak vir Bennie by dr. Stephanus Engelbrecht, ‘n dokter in Meyerton reël. Bennie ontvang medikasie vir die pyn terwyl hy wag om geopereer te word. Michelle het verlede week vir Rennie Venter van Helplift Meyerton, Janet Terblanche, Jackie Brits van die Eagle Wings-skuiling en Amanda van Kookrus bedank vir hul hulp en donasies. Michelle sê enige hulp word verwelkom. “My pa verduur tans erge pyn en sy verbande moet kort-kort omgeruil word. Hy het ook nie meer ‘n werk nie,” vertel sy. Mense wat wil help kan Michelle by 062 065 0809 skakel. Klein ‘swartkoppie’ ontaard in groot kankergewas | Vaalweekblad
