NewsNews

Sterrekyk-naweek op Deelfontein

Die maandelikse sterrekyk-geleenthede op Deelfontein is in Julie deur Covid in die wiele gery, maar komende naweek 7-8 Augustus, vind die aanbiedings op Saterdagaand en Sondagaand om 19:00 plaas.

Die maandelikse sterrekyk-geleenthede op Deelfontein is in Julie deur Covid in die wiele gery, maar komende naweek 7-8 Augustus, vind die aanbiedings op Saterdagaand en Sondagaand om 19:00 plaas. Die warmer weer maak rondstaan in die winterkoue ook meer draaglik. Basiese inligting oor planeet- en sterrebewegings word vooraf in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en `n 8-duim Newton-teleskoop ingespan om die naghemel nader te bring. Die uitstappie word soos gewoonlik deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika gelei. Kom voorbereid vir die koue met warm klere, skoene, en `n mus. Padaanwysings na Deelfontein en die koste is op www.deelfontein.co.za beskibaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za as jy wil bywoon.

Sterrekyk-naweek op Deelfontein | Parys Gazette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button