NewsNews

Vermeende selfoondiewe loop hul rieme styf

Twee mans is Woensdagmiddag (14 Oktober 2021) danksy die flinke optrede van lede van die publiek, 'n sekuriteitsmaatskappy en die polisie in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n selfoon by 'n winkel in Lochstraat in Meyerton gesteel het.

Die mans het hulself glo as klante voorgedoen en by die kantoor van Silwane Printers, Covenant Branding Solutions en MEM Group ingestap.

‘n Dame wat daar werk het aan die Herald se susterskoeratnt Vaalweekblad verduidelik dat die mans gemaak het of hulle oorpakke wou koop.

Terwyl ‘n werknemer die een rondgewys het, het die ander een op en af geloop.

Hy het die foon gevat en in sy sak gedruk.

Die dame het dit gesien en later geskree vir hulp.

Volgens Paul Marais van die sekuriteitsfirma Red Trac het ‘n werknemer die lawaai gehoor en onmiddelik wagte op die radio gekontak.

Omstanders het gehelp om te keer dat die mans wegkom.

Lees die volledige berig hier:

Vermeende selfoondiewe loop hul rieme styf in Meyerton – Vaalweekblad

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button