Die vegters wat medaljes ingepalm het, is voor: Albert Wright (twee goud en ‘n silwer), Sumari Eddy (drie goud), Markus Wood (goud en twee silwer) en Emma Golden (drie silwer). In die tweede ry is Anuscha Potgieter (goud en brons), Jan van Niekerk (silwer) en Reuben Dercksen (brons). In die derde ry is Shaun Killian (twee silwer en brons), Alex Tuz (silwer en brons), Danie Kok (goud, silwer en brons), Megan Golden (twee goud), Abigail Botha (twee silwer) en Shihan Chimmy van Winkel (afrigter). Agter is Dillan van Graan (leerling-afrigter), JT Tuz (twee goud en ‘n silwer), Juvan Dietrichsen (twee silwer) en Meagan van Niekerk (twee goud).
‘n Groep jong skopboksers van die XKT Fight St MMA en skopboksklub in Carletonville het onlangs gewys wat in hulle steek. Junior vegters het op 2 Oktober aan die tweede Great North “Special Edition” skopbokskompetisie by die Brakpan Sportklub deelgeneem. Net vegters met wit tot groen gordels het deelgeneem, aangesien ‘n afsonderlike kompetisie vir ouer vegters reeds in Augustus gehou is. Die ouderdomsgroepe is geskei sodat daar minder vegters op ‘n slag bymekaar is om die oordrag van Covid-19 te beperk. Volgens hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het sowat 115 vegters van regoor Gauteng aan die byeenkoms deelgeneem. Die deelnemers het in semi-, “light” en “kick light” afdelings meegeding. Verskeie van die Carletonville vegters het medaljes huis toe gebring.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.