
Diegene wat positief toets vir Covid-19 maar geen simptome toon nie hoef nie meer te isoleer nie. Leerders van laerskole, hoërskole en spesiale skole kan ook weer almal daagliks skool toe gaan. Die vereiste van 1 m sosiale distansiëring tussen leerders is ook opgehef. Mense wat positief toets vir Covid-19 en simptome wys, hoef ook nou net vir sewed ae in plaas van 10 dae te isoleer en mense wat in kontak was met iemand wat positief getoets het, hoef ook nie meer te isoleer indien hulle nie simptome ontwikkel nie. Die ministers van gesondheid en basiese onderwys sal binnekort verdere voorskrifte rakende die nuwe veranderinge uitreik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.