NewsNews

Onthou om vandag nog vol te maak

Die brandstofprys gaan om middernag weer baie styg.

Die departement van minerale en energiesake het aangekondig dat die prys van 95 en 93 oktaan petrol van middernag af met 53 sent per liter opgaan. Dit beteken dat die prys van loodvrye 95 oktaan petrol weer oor die R20 per liter gaan wees. Die eienaars van dieselvoertuie gaan egter nóg swaarder kry met die groothandel prys van 500 ppm diesel wat 79.84 sent per liter en die prys van 50 ppm diesel wat 78.84 sent per liter gaan styg. Paraffien gaan ook nou R1.35 per liter duurder word. Die verandering in pryse is dus:

  • 93 loodvrye petrol — 53 sent verhoging
  • 95 loodvrye petrol — 53 sent verhoging
  • 500ppm diesel — 79.84 sent verhoging
  • 50ppm diesel — 78.84 sent verhoging
  • Paraffien — 135 sent verhoging

Die stygings tree op 2 Februarie in werking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button