NewsNews

Gewapende mans val huis binne

Drie gewapende mans het vanoggend omstreeks 02:27 'n huis in Pieter de Villiersstraat in Potchefstroom beroof.

Drie gewapende mans het vanoggend omstreeks 02:27 ‘n huis in Pieter de Villiersstraat beroof.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die mans glo ‘n venster en die diefwering gebreek waarna hulle die hoofslaapkamer se deur afgeskop het.

“Ons het ‘n alarm ontvang waarna ons beamptes dadelik reageer het. Die SAPD is in kennis gestel en was ook op die toneel,” het Haefele gesê.

Sover bekend is die rowers met bankkaarte en sleutels vort. Die inwoner van die huis  is ongedeerd maar is op die toneel vir skok behandel.

Volgens Haefele word komplekse die laaste ruk deur rowers geteiken. Hy maan inwoners om die nodige stappe te neem om hulleself te beveilig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button